Nampol bevestig Interpol help in Oman-mensehandelsaak

Die Namibiese polisie het bevestig Interpol staan hulle by in die opsporing van 26 Namibiërs wat in ‘n saak van mensehandel na Oman geneem is. Die groep is na bewering groot poste in die Midde-Ooste aangebied en moes groot bedrae geld betaal. Hulle is na Suid-Afrika vervoer en van daar na Oman. Volgens wat berig word is hul paspoorte en selfone in daardie land gekonfiskeer en hulle is uiters swak werk aangebied met ‘n maandelikse salaris van 3 000 Namibiese dollar. Generaal-majoor Joseph Shikongo van Nampol waarsku Namibiërs om werk wat in die buiteland aangebied word, te verifieer voordat hulle reis.

Hy het gesê as daar ‘n agent is wat mense werf vir poste wat nie bestaan nie, dan kan dit as mensehandel geklassifiseer word.