Daar was nog onlangs, 700m jaar gelede, water op Mars
Gehidreerde minerale wat deur China se robotrover op Mars ontdek is in ‘n groot kom wat vermoedelik ‘n ou oseaan is, dui daarop dat water langer op die planeet se oppervlak aanwesig was as wat voorheen geglo is. Volgens ‘n ontleding van data wat deur die rover, Zhurong, opgeneem is, is tekens van water opgespoor in […]
Welvaartsfonds verteenwoordig nuwe begin….
President Hage Geingob het vanoggend die Welwitschia Welvaartsfonds bekend gestel. Hy sê dit is die begin van ‘n nuwe era. Die fonds laat toe dat staatsfondse plaaslik, en elders belê word, en kenners meen dis ‘n positiewe stap vir enige regering om te maak. Die geleentheid was nie net alles ernstig nie… President Hage Geingob […]
Buitelanders steel ook vee in SA, nes hier
Nes in die Omaheke-streek waar owerhede sê onwettige Angolese immigrante steel vee, het Suid-Afrika dieselfde uitdagings. Twee buitelandse burgers is in hegtenis geneem in verband met die besit van gesteelde vee in die Vrystaat. Dit volg nadat polisiebeamptes ‘n blouligpatrollie uitgevoer het wat op veediefstal in die gebied gemik was. ‘n Polisiewoordvoerder, Mmako Mophiring, sê […]
Finland, Swede wil by Navo aansluit
Finland sê hy beoog om sonder versuim aansoek te doen om by Navo aan te sluit, met Swede wat waarskynlik sy voorbeeld sal volg. Die stappe volg na Rusland se inval in die Oekraïne nuwe uitdagings vir Europese sekuriteit bring. Finland moet sonder versuim aansoek doen vir Navo-lidmaatskap volgens President Sauli Niinisto. In die wyer Nordiese […]
Welvaartsfonds: Voordele baie groter as enige korttermyn risiko
Die Welwitschia Soewereine Welvaartsfonds word op die oomblik bekend gestel. Daar was groot afwagting daarvoor omdat die tipe van beleggingsfonds as uiters positief beskou omdat openbare fondse in die land se ekonomie belê word wat weer ekonomiese groei bevorder. Die goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab sê die fonds is uiters nodig. Hy […]
Amupanda woon jeugleier-forum by, wou dat CoW betaal
As deel van die pad van ekonomiese herstel van die verwoestende Covid-pandemie, is dr. Job Amupanda van die Affirmative Repositioning uitgenooi om by ander jong wêreldleiers in Instanbul, Turkye aan te sluit vir die RTR Wêreld Forum wat op 14 Mei plaasvind. Amupanda sê die forum erken jong leiers in hul verskeie lande. Hy sal […]
Vervalste goedere hou gevare in – NamRA
Die vernietiging van 5 miljoen Namibiese dollar se vervalste goedere deur NamRA, lok steeds reaksie uit. Die inkomste-agentskap sê die goedere is onwettig ingevoer en voldoen nie aan die nodige standaarde nie. Steven Ndorokaze, kommunikasie beampte by NamRA sê die vervalste goedere kan ook skade doen omdat dit sonder enige standaarde vervaardig is.
VSA het ook inheemse skole gehad… honderde dood
’n Ondersoek van die Amerikaanse regering toon dat daar 53 begraafplase by ou inheemse Amerikaanse skole in die land is. Deb Haaland, die minister van binnelandse sake en ‘n inheemse Amerikaner, sê nes in Kanada was daar destyds pogings deur kerke en die regering om inheemse identiteit, taal en kultuur uit te wis. Gesinne is […]
Nog 24 tale by Google Translate bygevoeg
Google Translate het 24 nuwe tale bygevoeg, wat die getal op die vertalings-platform op 133 te staan bring. Tien hiervan is Afrikatale soos Lingala, Twi en Tigrinya. Die internasionale tegniese reus sê die platform help reeds jare lank om taalhindernisse af te breek en gemeenskappe wêreldwyd te verbind. Hy sê hy wil mense bystaan wie […]
Verkragting duur onverpoosd voort
Daar blyk om geen einde te wees aan verkragting in Namibië nie. Volgens Nampol is 346 gevalle in die eerste drie maande van die jaar aangemeld. Dit wil sê amper vier gevalle daagliks. Kenners meen die syfers kan baie hoër wees omdat ongeveer net ‘n derde van alle gevalle gerapporteer word. In die 2019-2020 boekjaar is 1 […]