Finland, Swede wil by Navo aansluit

Finland sê hy beoog om sonder versuim aansoek te doen om by Navo aan te sluit, met Swede wat waarskynlik sy voorbeeld sal volg. Die stappe volg na Rusland se inval in die Oekraïne nuwe uitdagings vir Europese sekuriteit bring. Finland moet sonder versuim aansoek doen vir Navo-lidmaatskap volgens President Sauli Niinisto. In die wyer Nordiese streek is Noorweë, Denemarke en die drie Baltiese state reeds Navo-lede, en die toevoeging van Finland en Swede sal Moskou waarskynlik verder irriteer omdat die Kremlin meen dat Navo se oosterse uitbreiding ‘n direkte bedreiging vir sy eie veiligheid is.