VSA het ook inheemse skole gehad… honderde dood

’n Ondersoek van die Amerikaanse regering toon dat daar 53 begraafplase by ou inheemse Amerikaanse skole in die land is. Deb Haaland, die minister van binnelandse sake en ‘n inheemse Amerikaner, sê nes in Kanada was daar destyds pogings deur kerke en die regering om inheemse identiteit, taal en kultuur uit te wis. Gesinne is gedwing om hul kinders na die skole te stuur. Daar was 408 sulke skole tussen 1819 en 1969 wat deur die regering befonds is en 89 wat deur kerke befonds is. Daar is ook gevind dat uitgebreide fisiese, seksuele en emosionele mishandeling by die skole plaasgevind het en goed gedokumenteer is. Tot dusver is die dood van 500 kinders bevestig maar daar word verwag die syfers sal groei.