Vervalste goedere hou gevare in – NamRA

Die vernietiging van 5 miljoen Namibiese dollar se vervalste goedere deur NamRA, lok steeds reaksie uit. Die inkomste-agentskap sê die goedere is onwettig ingevoer en voldoen nie aan die nodige standaarde nie. Steven Ndorokaze, kommunikasie beampte by NamRA sê die vervalste goedere kan ook skade doen omdat dit sonder enige standaarde vervaardig is.