Verkragting duur onverpoosd voort

Daar blyk om geen einde te wees aan verkragting in Namibië nie. Volgens Nampol is 346 gevalle in die eerste drie maande van die jaar aangemeld. Dit wil sê amper vier gevalle daagliks. Kenners meen die syfers kan baie hoër wees omdat ongeveer net ‘n derde van alle gevalle gerapporteer word. In die 2019-2020 boekjaar is 1 065 verkragtings aangemeld met 1018 in die 2020-2021 boekjaar. Gevalle waar huishoudelik geweld en drankmisbruik betrokke was by verkragting neem ook volgens owerhede toe.