Amupanda woon jeugleier-forum by, wou dat CoW betaal

As deel van die pad van ekonomiese herstel van die verwoestende Covid-pandemie, is dr. Job Amupanda van die Affirmative Repositioning uitgenooi om by ander jong wêreldleiers in Instanbul, Turkye aan te sluit vir die RTR Wêreld Forum wat op 14 Mei plaasvind. Amupanda sê die forum erken jong leiers in hul verskeie lande. Hy sal by die forum deelneem aan die sessie oor maatskaplike herstel in Namibië en Afrika ná die pandemie. Amupanda gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Amupanda het gepoog dat Stad Windhoek die kostes van die forum, net minder as 38 000 Namibiese dollar wat 23 000 dollar se S en T insluit, betaal maar, dit is afgekeer.