Nog 24 tale by Google Translate bygevoeg

Google Translate het 24 nuwe tale bygevoeg, wat die getal op die vertalings-platform op 133 te staan bring. Tien hiervan is Afrikatale soos Lingala, Twi en Tigrinya. Die internasionale tegniese reus sê die platform help reeds jare lank om taalhindernisse af te breek en gemeenskappe wêreldwyd te verbind. Hy sê hy wil mense bystaan wie se tale nie op die meeste tegnologie-vlakke verteenwoordig word nie.