Buitelanders steel ook vee in SA, nes hier

Nes in die Omaheke-streek waar owerhede sê onwettige Angolese immigrante steel vee, het Suid-Afrika dieselfde uitdagings. Twee buitelandse burgers is in hegtenis geneem in verband met die besit van gesteelde vee in die Vrystaat. Dit volg nadat polisiebeamptes ‘n blouligpatrollie uitgevoer het wat op veediefstal in die gebied gemik was. ‘n Polisiewoordvoerder, Mmako Mophiring, sê terwyl beamptes besig was in die dorp, het hulle op ‘n verdagte blou Toyota-bakkie met ‘n sleepwa afgekom waarop 47 skape gelaai was: