Welvaartsfonds verteenwoordig nuwe begin….

President Hage Geingob het vanoggend die Welwitschia Welvaartsfonds bekend gestel. Hy sê dit is die begin van ‘n nuwe era. Die fonds laat toe dat staatsfondse plaaslik, en elders belê word, en kenners meen dis ‘n positiewe stap vir enige regering om te maak.

Die geleentheid was nie net alles ernstig nie… President Hage Geingob het afgevaardigdes gevra om vir stigterspresident Sam Nujoma te sing. Nujoma herdenk vandag sy 93ste verjaardag.