Rusland skuldig aan oorlogsmisdade – Blinken

Die Amerikaanse regering het ‘n amptelike verklaring uitgereik dat Russiese magte oorlogsmisdade in Oekraïne gepleeg het. Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, sê die waarneming is gebaseer op ‘n noukeurige studie van openbare en intelligensiebronne sedert Rusland Oekraïne verlede maand ingeval het. Hy sê hulle het tallose verslae gesien van lukrake aanvalle, aanvalle wat op burgerlikes […]

Read More

Swaar reën, kitsvloede, voorspel

Inwoners van en reisigers na die noordelike en sentrale streke en die Hardap-streek word deur die Namibiese weerkantoor gewaarsku teen swaar reën met kitsvloede wat vandag oor dié gebiede kan voorkom en môre na die Noordooste sal versprei. Die Hidrologiese Dienste van Namibië het ‘n vloedwaarskuwing vir die Zambezirivier uitgereik en maan dat riviervlakke weens […]

Read More

Vermeende Russiese pedofiel blameer die kinders

Die saak van die vermeende Russiese pedofiel, Alexander Krylof, wat saam met die Namibiër Anna Engelbrecht op 42 klagte van mensehandel en verkragting aangekla word, duur vandag voort voor regter Claudia Claassen. Krylof het gepoog om die saak te laat uitgooi maar die regter het die aansoek van die hand gewys. Hy het getuig dat die meisies, almal […]

Read More

SA oorweeg tydelike opheffing van brandstofheffings

Die Suid-Afrikaanse minister van finansies, Enoch Godongwana, sê die buuuland regering is in gesprek met die energiedepartement oor die inwerkingstelling van ‘n strategie om verbruikers te beskerm teen die stygende oliepryse vir April en Mei. Godongwana sê die ekonomie het kort- en langtermynmaatreëls nodig, omdat oliepryse die hoogte in geskiet het sedert Februarie, weens Rusland […]

Read More

Nuwe slenter, die keer oor fondse in die Oekraïne

Slenters is weer volop en bedrieërs begin nou ook die oorlog in die Oekraïne uitbuit. ‘n Epos word ontvang, blykbaar van Taras Alexander, wat hy volgens hom, vir die tweede keer stuur. Hy moet volgens die skrywe, 500 miljard Amerikaanse dollar van ‘n Russiese oliegarg Alexander Mikheev, sy kliënt, uit die land uit kry. Jy sal 30 persent van die […]

Read More

Putin keer vragskepe met koring voor

Die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen, het kommer uitgespreek omdat Rusland se President Vladimir Putin skepe met koring in die Swartsee voorkeer. Oekraïne alleen verskaf meer as die helfte van die wêreldvoedselprogram se koring. Tussen 2018 en 2020 het byna ‘n derde van Afrika se ingevoerde koring uit Rusland gekom en sowat […]

Read More

Partye is nie geken in uitstel van parlementsessie nie

Nico Smit, parlementslid van die Popular Democratic Movement, sê die Nasionale Vergadering is op ys geplaas weens parlementslede wat nóg ‘n vakansiedag gevat het na die vieringe van Onafhanlikheidswording. Smit het reageer op die kansellasie van Dinsdag se parlementsessie weens parlementslede wat nog vanaf Swakopmund teruggereis het. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die […]

Read More

Uutoni maan streeksrade om ontwikkelingsplanne te implementeer

Die Namibiese minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, het streeksrade aangemoedig om projekte wat op gemeenskapsontwikkeling gerig is, te prioritiseer en te implementeer. Dienslewering op plaaslike regeringsvlak is regoor die land ‘n groot uitdaging. Uutoni sê streeksrade moet projekte hersien en implementeer wat daarop gemik is om die groter bevolking van die gemeenskap […]

Read More

Senior Putin-raadgewer bedank, vlug uit Rusland

Die Kremlin het erken ‘n senior klimaatsraadgewer van die Russiese president, Vladimir Putin, het bedank. Anatoly Chubais het volgens berigte uit die land gevlug. Hy word beskryf as ‘n gerespekteerde, jarelange hervormer wat Moskou oor die inval in Oekraïne gekritiseer het. Chubais is die hoogste-vlak-amptenaar wat bande met die regering verbreek het. Daar word  berig […]

Read More

Madeleine Albright sterf op 84

Die eerste vroulike minister van Buitelandse Sake in Amerika, Madeleine Albright, is op 84 jaar aan kanker dood. President Bill Clinton het haar as minister aangestel en sy het die pos van 1997 tot 2001 beklee. Haar familie beskryf haar in ‘n verklaring as ‘n ywerige voorstander van demokrasie en menseregte. ‘n Woordvoerder van die […]

Read More