Namibia Post weet nog nie wat om te doen met oorblywende MTC-aandele nie

Namibia Post and Telecom Holdings Beperk het by sy algemene jaarvergadering gesê hy bespreek nog oor wat om te doen met die ooblywende 9 persent MTC-aandele wat nie verkoop is nie. Die 49 persent aandeel wat op die mark geplaas is en genoteer is het groot opgewondenheid veroorsaak en was die grootste notering in die geskiedenis van die plaaslike aandelebeurs, maar net 40 persent van die aanbod het verkoop. Ekonome het nie goeie groei vir die aandeel voorspel nie omdat dit beperk is in toekomstigte groei. Cirrus in die hoofstad het gestyds gesê MTC kan net so ver groei en ontwikkel in ‘n mark wat reeds kompeterend is, veral met internetdienste. Tans verhandel die aandeel op 7 Namibiese dollar 49 sent, ‘n verlies van 15,84 persent sedert hy noteer het. Intussen sê Namibia Post se raadsvoorsitter, Sencia Kaizemi-Rukata, hulle werk nog aan die ontbinding van die maatskappy. Kabinet het in 2014 beslis hy moet ontbind word en gesê dit moes reeds teen 2017 voltooi gewees het.