Zondo bevoordeel Ramaphosa – Yengeni

‘n Lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, Tony Yengeni, het ‘n klag teen hoofregter Raymond Zondo by die Regterlike Dienskommissie ingedien. In sy klagte voer hy aan Zondo het die regterlike gedragskode oortree toe hy beslissings gemaak het met politiek gevolge. In sy jongste staatskapingsverslag, het Zondo verklaar die verkiesing van Cyril Ramaphosa as ANC-president in Desember 2017, het die land van verdere staatskaping gered. Yengeni sê Zondo se uitspraak mag ‘n gunstige uitwerking hê op Ramaphosa se politieke toekoms in die ANC.