Biden veroordeel Buffalo-skietvoorval ten sterkste

Die Amerikaanse President Joe Biden het die massa-skietery in ‘n supermark in Buffalo, New York, waarin tien mense dood en drie beseer is, veroordeel. ‘n Agtien-jarige man, Payton Gendron, wat klere in ‘n militêre styl gedra het, het gister ‘n besige supermark binnegegaan en begin skiet. Hy is op die toneel in hegtenis geneem en sal na verwagting Donderdag in die hof verskyn na klagte geformuleer is. Die polisie sê hulle ondersoek die insident as beide haatmisdaad en ‘n geval van gewelddadige rasgedrewe ekstremisme. Biden sê rasgemotiveerde haatmisdade is aanstootlik binne die Amerikaanse opset.