N$1,4m vir elke tuiswedstryd vir sokker – minister net so gefrustreerd

Die Namibiese finansminister Ipumbu Shiimi het in sy begroting 50 miljoen Namibiese dollar toegeken vir die opgradering van die Onafhanklikheidstadion in Windhoek. Die Sam Nujoma-stadion in Windhoek is ook nie op standaard nie. Vroeër vanjaar het Fifa opdrag gegee dat Namibië al haar internasionale sokkerwedstryde in die buiteland sal moet speel totdat haar stadions na moderne geriewe opgegradeer is. Gevolglik sal Namibië vir die volgende twee jaar al haar tuiswedstryde in Suid-Afrika speel wat 1,4 miljoen Namibiese dollar per wedstryd kos. Die sportminister Agnes Tjongarero is net so gefrustreerd soos die publiek. Volgens haar volg sy voortdurend op met die ministerie van werke opgraderings, maar sy kry nooit enige voldoende terugvoering nie.