Boks: Dis Salute teen Sunshine einde Mei

Die MTC Nestor Sunshine Promotions en MTC Salute Boxing Academy bied op 28 Mei ‘n groot boksgeleentheid op Walvisbaai aan. Mateus ‘The Beast’ Heita van die MTC Sunshine Boxing Gym gaan sy WBA Pan-Afrika superbantamgewig-titel verdedig teen Jonas “The Braveheart” Matheus van die MTC Salute Boxing Academy. Promoter Nestor Tobias van die MTC Nestor Sunshine Boxing and Fitness Academy sê hy beloof vuurwerke wanneer die twee mekaar in die bokskryt gaan takel.