Somaliese LP’s stem alleen in algemene verkiesing

Honderde Somaliese parlementslede vergader vandag by die Mogadishu-lughawe om ‘n nuwe president te kies in ‘n kiesprosedure wat nodig is om te verseker dat die verarmde en konflik-geteisterde land aanhou om buitelandse finansiële hulp te ontvang. Die verkiesing is oor en oor uitgestel weens binnegevegte. Die huidige President Mohamed Abdullahi Mohamed – bekend as “Farmaajo” vir sy befaamde liefde vir Italiaanse kaas – lyk onwaarskynlik om te wen. Die Afrika-unie se vredesmagte sal die terrein bewaak tydens ‘n verwagte twee of drie rondtes van stemming wat, volgens baie Somaliërs, tradisioneel meer deur omkopery as beleid beïnvloed word. Die wydverspreide onsekerheid in die land beteken dat ‘n normale verkiesingsproses onder die land se 15 miljoen burgers, onmoontlik is.