Cheetah Cement-werkers gaan môre betoog
Meer as 200 werkers van die Cheetah-sementfabriek buite Otjiwarongo beplan om môreoggend ‘n vreedsame betoging te hou. Die betoging sal gelei word deur die Mynwerkers-unie van Namibië. Cheetah Cement, wat handel dryf as Whale Rock Cement, het 210 Namibiese werkers en 44 Chinese burgers in diens. Alle Namibiese werkers het na bewering hul volle deelname […]
Nuwe reëlings vir Wes-Kaapse dranklisensies sal beter beheer uitoefen
Die Wes-Kaapse Drankowerheid het verdere regulasies ingestel vir die 2023 hernuwingsiklus van lisensies. Dit sluit die instel van outomatiese en nie-outomatiese hernuwings in, waarvolgens lisensiehouers wat nie aan vereistes voldoen nie sal moet aansoek doen om hul lisensie te hernu terwyl lisensiehouers wat wel aan die vereistes voldoen hul lisensies outomaties sal kan hernu. Die […]
Shifeta en kie spreek mens-dier konflik aan
Die Namibiese omgewingsministerie is bekommerd oor die kwessie van mens-dier-konflik in Namibiese gemeenskappe. Dié konflik bedreig alle pogings om oplossings te vind, veral in die noordoostelike streke van die Zambezi en Kavango waar verskeie aanvalle deur krokodille en olifante was. Die ministerie is tans besig met ‘n bewusmakingsveldtog in hierdie streke om oplossings te vind. […]
Hof beveel Denel op salarisse te betaal
Die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria het ten gunste van 42 Denel-werknemers beslis, wat nie aan ‘n vakbond behoort nie en hul onbetaalde salarisse eis. Die hof het gelas die staatsbeheerde wapenvervaardiger moet salarisse van 13,2 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan huidige en voormalige werknemers betaal. Die hof het beslis Denel moet binne 10 dae tussen 55 […]
Laer invoerbelasting in Zim sal verdere druk op inflasie plaas – ekonome
Die Zimbabwiese regering het die opheffing van invoerbelasting op sekere basiese goedere vir die volgende ses maande aangekondig. Dit sluit in rys, kookolie, suiker, mieliemeel, melkpoeier en seep. Die besluit volg te midde van voortgesette daling van die Zimbabwiese dollar. Die land staar stygende inflasie van 96,4 persent in die gesig. Ekonome sê die stap […]
Azovstal: Rusland sê nog 700 het oorgegee
Byna 700 Oekraïnse soldate het in die afgelope 24 uur by die Mariupol-staalwerke oorgegee. Dit is volgens Rusland se staatsmedia. Daar word ook berig dat dié soldate se leiers steeds in die Azovstal-aanleg ingeburger is. Rusland se ministerie van verdediging sê saam met die 694 soldate het altesaam 959 hul wapens neergelê. Sou die berigte […]
Burgerlike onrus: Jeug armoede is die oorsaak
Dit wil voorkom asof die herrie rondom buitelandse besighede, vervalste goedere en meer, eenvoudig nie wil gaan lê nie en dit is ook duidelik dat die Namibian Economic Freedom Fighters ook nie gaan ophou met hul aksies nie. Kosmos 94.1 Nuus het die deurwinterde Namibiese navorser en kenner in burgerlike sake, Graham Hopwood van die […]
Groenskemas: Kavango-leierskap wil met Schlettwein vergader
Die leierskap in die twee Kavango-streke wil met landbouminister Calle Schlettwein, oor die herlewing van groenskemas in die land vergader, en sê hulle is in die die nuwe planne. In ‘n skrywe aan Schlettwein sê die voorsitter van die Kavango Oos streeksraad Damian Maghambayi, die leierskap is tevrede met die besluit wat die kabinet geneem het om die kontraktuele ooreenkoms Agribusdev te staak. Volgens Maghambayi wil die twee streke ook […]
Sorris Sorris-vuur onder beheer
Die vuur tussen Khorixas en Brandberg het reeds Maandagmiddag ontstaan. Dit is in die Sorris Sorris-bewaringsgebied en is tans onder beheer. Lede van die gemeenskap is ontplooi om die brand, wat meer as 134 vierkante kilometer groot is, onder bedwang te bring. Ulrich Jagger, een van die gemeenskapslede wat ontplooi is, het met Komsos 94.1 […]
NamRA-chaos: LPM kyk nog die kat uit die boom uit
Die Landless People’s Movement het nog geen kommentaar oor die herrie rondom NamRA en vervalste goedere gemaak nie. Die party is bekend vir sy benadering teenoor grondloses en armes en kritiseer ook gereeld die regering in die verband. Verskeie partye, wat die amptelike opposisie, die PDM insluit, het ook reeds hul ondersteuning vir die aktiviste […]