Laer invoerbelasting in Zim sal verdere druk op inflasie plaas – ekonome

Die Zimbabwiese regering het die opheffing van invoerbelasting op sekere basiese goedere vir die volgende ses maande aangekondig. Dit sluit in rys, kookolie, suiker, mieliemeel, melkpoeier en seep. Die besluit volg te midde van voortgesette daling van die Zimbabwiese dollar. Die land staar stygende inflasie van 96,4 persent in die gesig. Ekonome sê die stap kan meer druk op Zimbabwiese handel plaas. Eddie Cross ‘n ekonoom in Zimbabwe stem saam.