Burgerlike onrus: Jeug armoede is die oorsaak

Dit wil voorkom asof die herrie rondom buitelandse besighede, vervalste goedere en meer, eenvoudig nie wil gaan lê nie en dit is ook duidelik dat die Namibian Economic Freedom Fighters ook nie gaan ophou met hul aksies nie. Kosmos 94.1 Nuus het die deurwinterde Namibiese navorser en kenner in burgerlike sake, Graham Hopwood van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing vir sy mening in die verband gevra.