Sorris Sorris-vuur onder beheer

Die vuur tussen Khorixas en Brandberg het reeds Maandagmiddag ontstaan. Dit is in die Sorris Sorris-bewaringsgebied en is tans onder beheer. Lede van die gemeenskap is ontplooi om die brand, wat meer as 134 vierkante kilometer groot is, onder bedwang te bring. Ulrich Jagger, een van die gemeenskapslede wat ontplooi is, het met Komsos 94.1 Nuus gepraat.