Nuwe reëlings vir Wes-Kaapse dranklisensies sal beter beheer uitoefen

Die Wes-Kaapse Drankowerheid het verdere regulasies ingestel vir die 2023 hernuwingsiklus van lisensies. Dit sluit die instel van outomatiese en nie-outomatiese hernuwings in, waarvolgens lisensiehouers wat nie aan vereistes voldoen nie sal moet aansoek doen om hul lisensie te hernu terwyl lisensiehouers wat wel aan die vereistes voldoen hul lisensies outomaties sal kan hernu. Die LUR vir Polisie-toesig en Gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, is aan die woord.