Cheetah Cement-werkers gaan môre betoog

Meer as 200 werkers van die Cheetah-sementfabriek buite Otjiwarongo beplan om môreoggend ‘n vreedsame betoging te hou. Die betoging sal gelei word deur die Mynwerkers-unie van Namibië. Cheetah Cement, wat handel dryf as Whale Rock Cement, het 210 Namibiese werkers en 44 Chinese burgers in diens. Alle Namibiese werkers het na bewering hul volle deelname aan die betoging aangedui. Volgens die bestuurder Kevin Lee, vereis die werkers stewige salarisverhogings.