NamRA-chaos: LPM kyk nog die kat uit die boom uit

Die Landless People’s Movement het nog geen kommentaar oor die herrie rondom NamRA en vervalste goedere gemaak nie. Die party is bekend vir sy benadering teenoor grondloses en armes en kritiseer ook gereeld die regering in die verband. Verskeie partye, wat die amptelike opposisie, die PDM insluit, het ook reeds hul ondersteuning vir die aktiviste gebied. Kosmos 94.1 Nuus het met die party se woordvoerder, Eneas Emvula gepraat oor hul standpunt in die verband.