Shifeta en kie spreek mens-dier konflik aan

Die Namibiese omgewingsministerie is bekommerd oor die kwessie van mens-dier-konflik in Namibiese gemeenskappe. Dié konflik bedreig alle pogings om oplossings te vind, veral in die noordoostelike streke van die Zambezi en Kavango waar verskeie aanvalle deur krokodille en olifante was. Die ministerie is tans besig met ‘n bewusmakingsveldtog in hierdie streke om oplossings te vind. Romeo Muyunda, woordvoerder van die ministerie sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is ‘n voortdurende proses wat na ander streke uitgebrei sal word.