Groenskemas: Kavango-leierskap wil met Schlettwein vergader

Die leierskap in die twee Kavango-streke wil met landbouminister Calle Schlettwein, oor die herlewing van groenskemas in die land vergader, en sê hulle is in die die nuwe planne. In ‘n skrywe aan Schlettwein sê die voorsitter van die Kavango Oos streeksraad Damian Maghambayi, die leierskap is tevrede met die besluit wat die kabinet geneem het om die kontraktuele ooreenkoms Agribusdev te staak. Volgens Maghambayi wil die twee streke ook die groenskemas weer op die been bring. Daar sal na verwagting op 27 Mei ‘n vergadering by die Kavango Oos-streekraad plaasvind. In Maart vanjaar het Schlettwein aan potensiële beleggers in Dubai gesê dat die regering in Junie 2022 ‘n versoek sal uitreik vir voorstelle om 11 groenskemas uit te verhuur. Hierdie skemas was vroeër onder die bestuur van Agribusdev, maar die regering het besluit om die agentskap te likwideer. Die Namibiese Landbou-unie het ook onlangs ‘n versoek aan Schlettwein gerig vir die bestuur van die groenskemas.