Azovstal: Rusland sê nog 700 het oorgegee

Byna 700 Oekraïnse soldate het in die afgelope 24 uur by die Mariupol-staalwerke oorgegee. Dit is volgens Rusland se staatsmedia. Daar word ook berig dat dié soldate se leiers steeds in die Azovstal-aanleg ingeburger is. Rusland se ministerie van verdediging sê saam met die 694 soldate het altesaam 959 hul wapens neergelê. Sou die berigte bevestig word, sal dit die raaisel rondom die lot van honderde vegters binne die aanleg oplos, aangesien die Oekraïne Dinsdag aangekondig het hy het die groep beveel om terug te staan. Die Oekraïnse ministerie van verdediging, het tot dusver bevestig dat slegs sowat 250 die aanleg verlaat het.