Nasionale Raadslede soek bevordering van sport in alle streke
Parlementslede in die Nasionale Raad het ‘n beroep gedoen op die bevordering van sport in elke streek deur behoorlike fasiliteite te bou om in die behoeftes van die jeug te voorsien. Dit is tydens die debat oor die sportministerie se begroting bespreek, waar parlementslede gekla het dat die toekenning van 330 miljoen Namibiese dollar nie […]
IPC-raadslid van Otjiwarongo bedank uit bestuurskomitee
Die Independent Patriots for Change se plaaslike raadslid op Otjiwarongo, Fearika Botha, het uit die Otjiwarongo-munisipaliteit se bestuurskomitee bedank. Sy bly ‘n gewone raadslid. Sy en die voorsitter van die bestuurskomitee Godhardt Hoko het glo koppe gestamp. Botha gee haar redes vir bedanking aan Kosmos 94.1 Nuus.
Namibië gaan toerisme-beleggingskonferensie in Davos hou
Namibië gaan op 25 Mei by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, ‘n beleggingskonferensie vir Namibiese toerisme aanbied. Dit vind onder leiding van die toerisme-minister Pohamba Shifeta, plaas met ander sprekers, die uitvoerende voorsitter van die Ohlthaver en List-groep, Sven Thieme, die voormalige Namibiese Mej. Heelal, Michelle McLean, asook die besturende direkteur van Namibia […]
Meer as 400 skuld SA Inkomstediens R22 miljard
Meer as 400 individue skuld die Suid-Afrikaanse Inkomstediens 22 miljard Suid-Afrikaanse rand. Die bedrag sluit kapitaalskuld, rente, boetes en bykomende belasting in. Die Inkomstediens wil oor die volgende drie-jaar ‘n program instel om inkomste te verhaal wat daarop gemik is om deur nakomings-aktiwiteite die algehele inkomste met tussen vyf- en tien-persent te verhoog. Terwyl die […]
Russiese kenner voorspel staatsgreep teen Putin
Vladimir Putin se top-veiligheidsbeamptes verstaan dat die oorlog in die Oekraïne ‘verlore’ is en ‘n staatsgreep is nou ‘n realistiese moontlikheid, het ‘n Russiese ontleder voorspel. Christo Grozev, ‘n Russiese kenner, glo dat top-veiligheidsbeamptes die meeste geneig is om Putin te probeer omverwerp, en hulle soek reeds maniere om hul geld en gesinne uit die […]
Boer sê sommiges gaan voedseluitdagings in die gesig staar
Plekke wat bo-normale tot normale reënval in April ontvang het, is die streke van Zambezi, Kavango-Oos en -Wes, die sentrale Noorde en die oostelike grens van die land. Die suidweste van die land het in April droë toestande gehad. Volgens die Namibiese reënvalbulletin van April van die Namibiese Meteorologiese Dienste is daar egter kommerwekkende areas […]
DA gekant teen Wysigingsontwerp op Gelyke Indiensneming
Die DA eis President Cyril Ramaphosa moet nie die werksgeleentheid-vernietigende Wysigingswetsontwerp op Gelyke Indiensneming onderteken nie. Die Nasionale Raad van Provinsies het vroeër die week die wetsontwerp deurgevoer, etlike maande nadat die Nasionale Vergadering dit goedgekeur het. Michael Cardo van die DA sê die wetsontwerp is skadelik en vernietigend en sal Suid-Afrika se ekonomiese treurmare […]
Action SA: Misdaad teen vroue is kommerwekkend
Action Society sê misdaad teen vroue in Suid-Afrika is kommerwekkend. Die organisasie het sy ses-maandelikse terugvoer-sessie met belanghebbers by die Mitchells Plain-netwerk Teen Mishandeling in Beacon Valley aangebied. Hulle het klem geplaas op die euwel van geslagsgeweld in die Wes-Kaap, sowel as hulle geslagsgeweld-saak-oorsigmodel. Action Society se direkteur van Gemeenskapsveiligheid, Ian Cameron, sê hulle werk […]
DA: Regering verantwoordelik vir 170 hawelose gesinne by Deelpan ná vloede
Die DA in Noordwes sê die regering is verantwoordelik vir die verlies van ‘n lewe en 170 gesinne wat haweloos gelaat is deur die oorstromings in Deelpan. Die party sê die siening wat hy al lank oor die saak huldig is deur die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling, Omgewing, Bewaring en Toerisme se begroting bevestig, wat […]
Wat het van die vreedsame Namibië geword?
Sommige Namibiërs wonder wat van die vreedsame Namibië van soveel jare geword het. Oral is nou protes-optogte, betogings en chaos. Verskeie kenners noem dat jeug-armoede ‘n bydraende faktor tot die eindelose protes-optredes in die land kan wees. Maatskaplike aktivis, Rosa Namises, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die jeug bring sekere kwessies in die kollig. […]