Russiese kenner voorspel staatsgreep teen Putin

Vladimir Putin se top-veiligheidsbeamptes verstaan dat die oorlog in die Oekraïne ‘verlore’ is en ‘n staatsgreep is nou ‘n realistiese moontlikheid, het ‘n Russiese ontleder voorspel. Christo Grozev, ‘n Russiese kenner, glo dat top-veiligheidsbeamptes die meeste geneig is om Putin te probeer omverwerp, en hulle soek reeds maniere om hul geld en gesinne uit die land te verskuif. Grozev het gesê ‘n staatsgreep kan kom as of wanneer Putin sy generaals beveel om ‘n kernaanval uit te voer. Professor Andre Duvenhage, ‘n Suid-Afrikaanse politieke kenner gee sy reaksie in die verband aan Kosmos 94.1 Nuus.

Duvenhage het ook gepraat oor die moontlikheid dat Putin wapens van massa-vernietiging kan gebruik.