DA gekant teen Wysigingsontwerp op Gelyke Indiensneming

Die DA eis President Cyril Ramaphosa moet nie die werksgeleentheid-vernietigende Wysigingswetsontwerp op Gelyke Indiensneming onderteken nie. Die Nasionale Raad van Provinsies het vroeër die week die wetsontwerp deurgevoer, etlike maande nadat die Nasionale Vergadering dit goedgekeur het. Michael Cardo van die DA sê die wetsontwerp is skadelik en vernietigend en sal Suid-Afrika se ekonomiese treurmare vererger.