IPC-raadslid van Otjiwarongo bedank uit bestuurskomitee

Die Independent Patriots for Change se plaaslike raadslid op Otjiwarongo, Fearika Botha, het uit die Otjiwarongo-munisipaliteit se bestuurskomitee bedank. Sy bly ‘n gewone raadslid. Sy en die voorsitter van die bestuurskomitee Godhardt Hoko het glo koppe gestamp. Botha gee haar redes vir bedanking aan Kosmos 94.1 Nuus.