Meer as 400 skuld SA Inkomstediens R22 miljard

Meer as 400 individue skuld die Suid-Afrikaanse Inkomstediens 22 miljard Suid-Afrikaanse rand. Die bedrag sluit kapitaalskuld, rente, boetes en bykomende belasting in. Die Inkomstediens wil oor die volgende drie-jaar ‘n program instel om inkomste te verhaal wat daarop gemik is om deur nakomings-aktiwiteite die algehele inkomste met tussen vyf- en tien-persent te verhoog. Terwyl die inkomstediens ‘n voorgeskrewe skuld-invorderingsproses met agterstallige belasting volg, lei nie alle gevalle van afdwinging, insluitend betalings-reëlings en derdeparty-aanstellings, tot die tydige invordering van skuld nie.