Wat het van die vreedsame Namibië geword?

Sommige Namibiërs wonder wat van die vreedsame Namibië van soveel jare geword het. Oral is nou protes-optogte, betogings en chaos. Verskeie kenners noem dat jeug-armoede ‘n bydraende faktor tot die eindelose protes-optredes in die land kan wees. Maatskaplike aktivis, Rosa Namises, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die jeug bring sekere kwessies in die kollig. Hulle wil werk hê en dit dra by tot hul frustrasies.