DA: Regering verantwoordelik vir 170 hawelose gesinne by Deelpan ná vloede

Die DA in Noordwes sê die regering is verantwoordelik vir die verlies van ‘n lewe en 170 gesinne wat haweloos gelaat is deur die oorstromings in Deelpan. Die party sê die siening wat hy al lank oor die saak huldig is deur die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling, Omgewing, Bewaring en Toerisme se begroting bevestig, wat voorgelê is. Freddy Sonakile van die party sê die Deelpan-gebied het in Maart vanjaar ‘n ramp beleef toe erwe onder water gelaat is weens voortdurende vloede.