Boer sê sommiges gaan voedseluitdagings in die gesig staar

Plekke wat bo-normale tot normale reënval in April ontvang het, is die streke van Zambezi, Kavango-Oos en -Wes, die sentrale Noorde en die oostelike grens van die land. Die suidweste van die land het in April droë toestande gehad. Volgens die Namibiese reënvalbulletin van April van die Namibiese Meteorologiese Dienste is daar egter kommerwekkende areas in die Omusati-, Oshana- en Otjozondjupa-streke. ‘n Boer in die Zambezi-streek, Albert Sibeya sê aan Kosmos 94.1 Nuus hy verwag dat sommige mense voedseluitdagings in die gesig staar.