Action SA: Misdaad teen vroue is kommerwekkend

Action Society sê misdaad teen vroue in Suid-Afrika is kommerwekkend. Die organisasie het sy ses-maandelikse terugvoer-sessie met belanghebbers by die Mitchells Plain-netwerk Teen Mishandeling in Beacon Valley aangebied. Hulle het klem geplaas op die euwel van geslagsgeweld in die Wes-Kaap, sowel as hulle geslagsgeweld-saak-oorsigmodel. Action Society se direkteur van Gemeenskapsveiligheid, Ian Cameron, sê hulle werk met verskeie organisasies en die provinsiale regering saam om die slagoffers van geslagsgeweld te help om geregtigheid te laat geskied.