Namibië gaan toerisme-beleggingskonferensie in Davos hou

Namibië gaan op 25 Mei by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, ‘n beleggingskonferensie vir Namibiese toerisme aanbied. Dit vind onder leiding van die toerisme-minister Pohamba Shifeta, plaas met ander sprekers, die uitvoerende voorsitter van die Ohlthaver en List-groep, Sven Thieme, die voormalige Namibiese Mej. Heelal, Michelle McLean, asook die besturende direkteur van Namibia Wildlife Resorts, dr. Matthias Ngwangwama, die uitvoerende hoof van die Namibiese Toerismeraad, Digu //Naobeb en die toerisme-direkteur, Sebulon Chicalu. ‘n Toerisme-kenner, Joseph Kafunda sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is ‘n bietjie te laat.