Landbousakekamer voorspel groot mielie-oes in SA
Suid-Afrika kan weens ‘n relatief groot netto mielie-oes wel uitvoer in 2022-2023. Dit is volgens die hoofekonoom van die Landbousakekamer van Suid-Afrika, Wandile Sihlobo. Hy sê Suid-Afrika het verlede week 48 113 ton koring ingevoer; 79 persent vanaf Pole, 18 persent vanaf Argentinië en 3 persent vanaf Litoue. Sihlobo voeg by die gunstige weerstoestande wat voorspel is in groot dele van die […]
Oorlogskepe kan grane uit die Oekraïne uitvoer
Litaue se minister van buitelandse sake, Gabrielus Landsbergis sê oorlogskepe kan gebruik word om grane uit die Oekraïne te kry en deur die Swartsee te vervoer na uitvoermarkte. Meer as 22 miljoen ton graan is op die oomblik vasgekeer in die land. Hy sê Rusland is op die oomblik gekant daarteen maar, kwesbare nasies regoor […]
SA-owerhede hou dop vir aap-pokke
Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Oordraagbare Siektes sê dat tot dusver, was daar nog geen voorkoms van aap-pokke in die buurland nie. Die siekte het in die afgelope twee weke vanaf Nigerië tot in Europa versprei en kom nou voor in 15 lande. Die jongste berigte toon dat die virus nie gevaarlik is nie. Dr. Jacqueline […]
NAMCOL sê sy studente het misverstaan
Reaksie word ontvang op NAMCOL-studente wat hul frustrasie uitgespreek het oor ‘n vertraging in die ontvangs van hul sertifikate. Talle sê hulle moes op 19 Mei gegradueer het maar dit het nie plaasgevind nie en nou moet hulle hul sertifikate kry. Rholene Bok, NAMCOL se hoof van bemarking sê dit is alles net ‘n misverstand. […]
Maak so met hommeltuie in Namibië
In die verlede het ‘n paar individue hulself in die moeilikheid bevind terwyl hulle ‘n hommeltuig sonder die nodige lisensie van Namibiese burgerlugvaart gevlieg het. ’n Hommeltuig word as ’n vliegtuig geklassifiseer en enigiemand wat ’n hommeltuig koop, moet dit registreer en ’n lisensie kry om dit te vlieg. As deel van die lisensie sal […]
Gemeenskaplike grondbesit onder die loep
Die Inter-ministeriële Komitee oor Grondhervorming in Suid-Afrika is besig met voorbereidings om die Nasionale Beraad oor Gemeenskaplike Grondbesit aan te bied. Dit volg nadat die regering onlangs openbare gesprekke afgehandel het oor die administrasie van grondgebiede en grondbesit in gemeenskaplike gebiede. Die beraad is die hoogtepunt van die werk van die afgelope jaar met insette deur […]
Albanese sê hy sal sy bes doen en verandering bring
Australië se nuwe eerste minister, Anthony Albanese, het beloof om die land ‘n beter plek te maak. Die Arbeidersparty het Saterdag die koalisieregering onder Scott Morrison verslaan. Dit is nog nie bekend of die Arbeidersparty die meerderheid van 76 setels gaan bereik wat nodig is om op sy eie te regeer nie. Die goewerneur-generaal het […]
Mkhize sal nie as ANC-president verkies word nie – ontleder
‘n Politieke ontleder in die buurland, Xolani Dube, sê ten spyte van pogings deur die gewese gesondheidsminister, Zweli Mkhize, sal hy nie in Desember as ANC-president verkies word nie. Mkhize het oor die naweek aangekondig hy is gereed om vir die party se top-pos te staan as die takke hom nomineer. Dis ten spyte daarvan […]
Ekonoom sê oor Davos
‘n Namibiese ekonomiese kenner gee sy mening waarom Namibië vir die eerste keer ooit uitgenooi is om aan die Wêreld Ekonomiese Forum deel te neem wat tot 26 Mei in Davos, Switserland, plaasvind. President Hage Geingob het by meer as 2 000 leiers in die ski-oord van Davos aangesluit waar hy die Namibiese afvaardiging lei […]
Swapo-LP sê landdrosse moet meer betaal word, werk in gevaar
Die Swapo parlementslid Melania Ndjago sê landdrosse moet meer betaal word as gevolg van die omstandighede waarin hulle werk. Sy het in die Nasionale Raad gesê dat hulle met dossiere rond beweeg wat moontlik hulle lewens in gevaar kan stel. Landdrosse in Namibië verdien tussen 20 000 en 25 000 Namibiese dollar maandeliks, en dan nog voordele […]