Ekonoom sê oor Davos

‘n Namibiese ekonomiese kenner gee sy mening waarom Namibië vir die eerste keer ooit uitgenooi is om aan die Wêreld Ekonomiese Forum deel te neem wat tot 26 Mei in Davos, Switserland, plaasvind. President Hage Geingob het by meer as 2 000 leiers in die ski-oord van Davos aangesluit waar hy die Namibiese afvaardiging lei na een van die mees hoëprofiel-vergaderings van wêreldleiers. Namibië is op uitnodiging van Klaus Schwab, die stigter en uitvoerende hoof-voorsitter van die Wêreld Ekonomiese Forum, om ons groen waterstof-potensiaal en -strategieë ten toon te stel. Dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement van ekonomie van Unam …