Landbousakekamer voorspel groot mielie-oes in SA

Suid-Afrika kan weens ‘n relatief groot netto mielie-oes wel uitvoer in 2022-2023. Dit is volgens die hoofekonoom van die Landbousakekamer van Suid-Afrika, Wandile Sihlobo. Hy sê Suid-Afrika het verlede week 48  113 ton koring ingevoer; 79 persent vanaf Pole, 18 persent vanaf Argentinië en 3 persent vanaf Litoue. Sihlobo voeg by die gunstige weerstoestande wat voorspel is in groot dele van die land oor die volgende twee weke, is bevorderlik vir die graan- en oliesade-oes wat tans in sekere streke aan die gang is.