NAMCOL sê sy studente het misverstaan

Reaksie word ontvang op NAMCOL-studente wat hul frustrasie uitgespreek het oor ‘n vertraging in die ontvangs van hul sertifikate. Talle sê hulle moes op 19 Mei gegradueer het maar dit het nie plaasgevind nie en nou moet hulle hul sertifikate kry. Rholene Bok, NAMCOL se hoof van bemarking sê dit is alles net ‘n misverstand. Sy verduidelik.