Mkhize sal nie as ANC-president verkies word nie – ontleder

‘n Politieke ontleder in die buurland, Xolani Dube, sê ten spyte van pogings deur die gewese gesondheidsminister, Zweli Mkhize, sal hy nie in Desember as ANC-president verkies word nie. Mkhize het oor die naweek aangekondig hy is gereed om vir die party se top-pos te staan as die takke hom nomineer. Dis ten spyte daarvan dat die Valke voorberei om hom formeel aan te kla vir sy rol in die Digital Vibes-skandaal. Dube sê die takke het nie soveel mag as wat mense dink nie: