Maak so met hommeltuie in Namibië

In die verlede het ‘n paar individue hulself in die moeilikheid bevind terwyl hulle ‘n hommeltuig sonder die nodige lisensie van Namibiese burgerlugvaart gevlieg het. ’n Hommeltuig word as ’n vliegtuig geklassifiseer en enigiemand wat ’n hommeltuig koop, moet dit registreer en ’n lisensie kry om dit te vlieg. As deel van die lisensie sal ’n mens ook toegerus word met ‘n inligtingspakket oor die wette en beperkings oor waar jy ’n hommeltuig mag of nie mag vlieg nie. Enos Mutyavaviri het in sy private hoedanigheid as ‘n vlieënier belangrike inligting met Kosmos 94.1 Nuus gedeel oor sommige van die beperkings van die vlieg van ‘n hommeltuig.