Oorlogskepe kan grane uit die Oekraïne uitvoer

Litaue se minister van buitelandse sake, Gabrielus Landsbergis sê oorlogskepe kan gebruik word om grane uit die Oekraïne te kry en deur die Swartsee te vervoer na uitvoermarkte. Meer as 22 miljoen ton graan is op die oomblik vasgekeer in die land.

Hy sê Rusland is op die oomblik gekant daarteen maar, kwesbare nasies regoor die wêreld ly daaronder.