Gemeenskaplike grondbesit onder die loep

Die Inter-ministeriële Komitee oor Grondhervorming in Suid-Afrika is besig met voorbereidings om die Nasionale Beraad oor Gemeenskaplike Grondbesit aan te bied. Dit volg nadat die regering onlangs openbare gesprekke afgehandel het oor die administrasie van grondgebiede en grondbesit in gemeenskaplike gebiede. Die beraad is die hoogtepunt van die werk van die afgelope jaar met insette deur verskeie belanghebbendes. Die beraad word eerskomende Vrydag en Saterdag in die Birchwood Hotel en Konferensiesentrum in Kempton Park, Gauteng, gehou.