Albanese sê hy sal sy bes doen en verandering bring

Australië se nuwe eerste minister, Anthony Albanese, het beloof om die land ‘n beter plek te maak. Die Arbeidersparty het Saterdag die koalisieregering onder Scott Morrison verslaan. Dit is nog nie bekend of die Arbeidersparty die meerderheid van 76 setels gaan bereik wat nodig is om op sy eie te regeer nie. Die goewerneur-generaal het Albanese vanoggend in Canberra ingesweer. Albanese sê sy regering sal die mense van Australië na die beste van sy vermoë dien: