Musk gedagvaar deur Twitter-beleggers
Twitter-beleggers dagvaar Elon Musk en die sosiale mediamaatskappy vir markmanipulasie. Hulle voer aan die Tesla-baas het met opset openbare twyfel gesaai oor die 691 miljard Namibiese dollar oorname van Twitter as deel van ‘n plan om die transaksiekoste te verminder deur die aandelemark te manipuleer. Die beleggers in die saak sê Musk se markmanipulasie het gewerk en Twitter het 125,6 miljard Namibiese dollar in waarde verloor sedert die oorname […]
Davids is opgewonde oor Londen-sewes
Die Springbok-sewesspeler, Angelo Davids, sê hy is opgewonde om weer by die span aan te sluit vir die naweek se Londen-sewes. Hy en Sako Makata het by die Blitsbokke aangesluit in die plek van die twee beseerde Pretoriusse, Tiaan en JC. Davids, wat die Westelike Provinsie se trui in die eerste sewe toernooie van die […]
Simataa sê staatsamptenare vra te veel, vakbond sê nee
Die sekretaris van die kabinet, dr. George Simataa, sê die aanvanklike salaris-eise wat deur die twee vakbonde, die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers, Napwu, en die Namibiese Nasionale Onderwysersunie, Nantu gestel word, is te hoog. Simataa het verduidelik dat sou die regering tot die vakbond se eise instem, dit ‘n bykomende 3 miljard Namibiese dollar tot […]
Shivute sê hy en NamRA staan vas
Die onlangse arbeidsonrus na die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, vervalste goedere van 5 miljoen Namibiese dollar vernietig het, het weer talle bewerings na vore gebring. Daar is deur lede van die Namibian Economic Freedom Fighters beweer dat NamRA se kommissaris, Sam Shivute ‘n sakeverhouding het met die Chinees gebore Stina Wu, wat van die eiendomme by China Town besit. Shivute het ten sterkste hierop reageer […]
NVG verwelkom verwerping van Zuma-appèl
Die Nasionale Vervolgingsgesag in Suid-Afrika het die Appèlhof se verwerping van oudpresident Jacob Zuma se heroorwegingsaansoek, verwelkom. Dit hou verband met ‘n hofbeslissing om nie staatsaanklaer Billy Downer van sy korrupsiesaak te verwyder nie. Zuma beweer Downer het sy mediese rekords aan die media gelek. Hy beskuldig Downer ook van botsende belange en vooroordeel teenoor […]
Davos sit die pot mis – klimaataktiviste
Klimaataktiviste sê die Wêreld Ekonomiese Forum moes meer aandag geskenk het aan mense se lyding, veral in ontwikkelende lande wat uiterste weersomstandighede soos hittegolwe en oorstromings beleef. Dit volg nadat die wêreld se top klimaatwetenskaplikes gewaarsku het kweekhuisgasse moet in die volgende dekade skerp in toom gehou word om temperatuurstyging tot 1,5 grade Celsius te beperk. Die aktiviste […]
Dennis Noa se verhoor begin in streekshof
Die leerlingdokter Dennis Noa, wat nou ook ‘n klag van poging tot moord, saam met die van verkragting in die gesig staar, sal vandag in die streekshof in die hoofstad verskyn. Dit is volgens berigte nie duidelik waaruit die poging tot moord klag spruit nie maar, ‘n opsomming sal beskikbaar wees wanneer hy in die hof voorkom. Hy is op […]
Vier vra dat Boris moet waai
Die lys parlementslede wat vra dat die Britse eerste minister Boris Johnson bedank, raak al langer. Dit volg na die vrystelling van Sue Gray se verslag oor partytjies wat tydens die inperking by Downingstraat gehou is. Vier wetgewers van die regerende Konserwatiewe Party het hulle steun aan die eerste minister onttrek. Een van hulle, John Baron, sê […]
JZ-stigting sê hy is teleurgesteld, maar nie verbaas nie
Die Jacob Zuma-stigting sê hy is teleurgesteld oor die Appèlhof se beslissing wat oudpresident Jacob Zuma se heroorwegingsaansoek van die hand wys. Zuma se regspan het die hof genader om die aanklaer Billy Downer aan sy korrupsiesaak te onttrek. Die stigting se woordvoerder, Mzwanele Manyi, sê hulle is egter nie verbaas nie, want dit het […]
Geestesgesondheid kort meer aandag
Die speaker van Texas se Huis van Verteenwoordigers, Dade Phelan, sê daar moet aandag gegee word aan die geestesgesondheid van gemeenskappe in dié Amerikaanse staat. Dit volg nadat ‘n 18-jarige Dinsdag 19 laerskool-kinders en twee onderwysers doodgeskiet het. Phelan sê geestesgesondheids-bewustheid en -behandeling binne gemeenskappe behoort aangemoedig te word: