Shivute sê hy en NamRA staan vas

Die onlangse arbeidsonrus na die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, vervalste goedere van 5 miljoen Namibiese dollar vernietig het, het weer talle bewerings na vore gebring. Daar is deur lede van die Namibian Economic Freedom Fighters beweer dat NamRA se kommissaris, Sam Shivute ‘n sakeverhouding het met die Chinees gebore Stina Wu, wat van die eiendomme by China Town besit. Shivute het ten sterkste hierop reageer en op sy sosiale media platforms gesê hy fokus tans op die taak by NamRA.  Hy voeg by dat die ongegronde bewerings deel is van die valse narratief wat voorgehou word deur diegene wat NamRA wil verswak. Wu het ook ontken dat sy enige sakeverhouding met Shivute het. Volgens Shivute sal hy nie geboelie word nie. Hy sê geen individu is groter as ’n sisteem nie.