Dennis Noa se verhoor begin in streekshof

Die leerlingdokter Dennis Noa, wat nou ook ‘n klag van poging tot moord, saam met die van verkragting in die gesig staar, sal vandag in die streekshof in die hoofstad verskyn. Dit is volgens berigte nie duidelik waaruit die poging tot moord klag spruit nie maar, ‘n opsomming sal beskikbaar wees wanneer hy in die hof voorkom. Hy is op 12 April verlede jaar in hegtenis geneem na hy na bewering ‘n 18-jarige breinbeseerde manlike pasiënt op 11 April verkrag het.