Musk gedagvaar deur Twitter-beleggers

Twitter-beleggers dagvaar Elon Musk en die sosiale mediamaatskappy vir markmanipulasie. Hulle voer aan die Tesla-baas het met opset openbare twyfel gesaai oor die 691 miljard Namibiese dollar oorname van Twitter as deel van ‘n plan om die transaksiekoste te verminder deur die aandelemark te manipuleer. Die beleggers in die saak sê Musk se markmanipulasie het gewerk en Twitter het 125,6 miljard Namibiese dollar in waarde verloor sedert die oorname aangekondig is. Die hofaansoek voer ook aan Musk se twiets na sy 95-miljoen volgelinge, was misleidend.